Sunday, May 28, 2006

New kids on the blog





Wat doen arm werklose mense vir bietjie tydverdryf in London? Hulle gaan National Art Gallery toe. Dis verniet, of soos die bordjie gese het: "Admission is free, but please give a donation of £2 to keep it free." Met ander woorde, dis verniet. Het allerhande goed gesien waarvan mens altyd net hoor of in boeke lees. Da Vinci, Renoir, Seurat ens. So is hier is 'n paar fototjies van ons uitstappie. Die een is van die Gallery se weerkaatsing in die water op Trafalgar Square, die res is redelik van self sprekend.

Wednesday, May 17, 2006

Arsenal vs. Barcelona


Die foto is van die nuwe Arsenal stadion. Dit is ook die view vanaf ons kamer venster. Wat beteken ons is in Arsenal country en dit is al waaroor daar op die stadium gepraat word. Vanaand is die wedstryd en ons gaan dit hier in 'n local pub kyk. Mens moet natuurlik ure voor die tyd al gaan anders kry jy nie plek nie.

Go Arsenal!!!!!!

Wednesday, May 03, 2006

Genesis


Dit is nou my 2de laaste dag van werk, so ek het dit goed gedink om 'n blog te begin vir die wat belang sou stel in my en Anel se doen en late.

Oor 10 slapies vlieg ons London toe.

watch this space...