Wednesday, January 24, 2007

vlokkies!!!






Daar's nie veel om te verduidelik hier nie. Dis wit, koud en mooi. Amper soos roomys.

Monday, January 22, 2007

Hoes die weer?


Dis nou nie dat ek niks het om te sĂȘ nie, of julle wil verveel nie, maar ek dog ek sal die week se weervoorspelling vir London vir julle gee.

Kyk da by Woensdag wat gaan da aan. Vlokkies.

Woensdag bou ons sneeumanne. Kannie waggie.

Monday, January 01, 2007

Bath






Ons was bietjie in Bath gewees oor die fees tydperk. Hier is 'n paar fototjies as bewyse.

Ons het in 'n cottage gebly net buite Bath. Die eerste een is 'n foto van ons kaggelvuurtjie en ons kersete. Die tweede een is van ons badkamer. Ongelooflik mooi, dis net jammer daar was nie 'n stort nie. Die derde foto is van die Abbey, en mense wat betoog teen oorlog of vuil badwater of iets.

Ons was ook in Castle Combe gewees, so 15 myl buit Bath. Dit is 'n pragtige klein village met 2 pubs, 10 huise en 'n hotel. Beautiful! Die laaste 2 fotos is van Castle Combe.

Dis al vir nou.