Monday, June 26, 2006

Bootrit op die teems




Saterdagaand het ons bietjie op 'n cruise gegaan op die Teems. Dit is 'n blykbaar 'n jaarlikse ding wat die Saffers hier reel. Lekker Kurt Darren wat klop in die agterkop terwyl jy aan jou R40'se biertjie suig. (Ironies genoeg was Kurt Darren een van die redes hoekom ek die land verlaat het). Anyway, lekker gewees om bietjie saam met die boere te kuier.

Sunday, June 11, 2006

Hyde Park bbq





Anel het vandag verjaar. Ons was ook Hyde Park toe om bietjie die London son in te neem. Dit was baie warm en die hele London het met hulle wit lywe op die parke toegesak. Anyway, ons het saam met die bure (twee Pole) bietjie gaan bbq in die park. Hier is die bewyse.

Tuesday, June 06, 2006

Einde van 'n era


Die skyline is verkoop. As julle ooit 'n skyline langs die pad sien in die Hermanus omgewing, dalk verkoop hulle vis uit die kattebak, dalk het hy maar net gaan staan, weet maar net, dit is moontlik die legendariese luukse sedan.