Friday, May 28, 2010

Meubels!

SweetHome3d 2.4 is nou uit, en een van die features wat hulle bygewerk het is om 3d objekte wat deur Google Sketchup gemaak is te kan gebruik.

Jy hoef nie self die objekte te maak nie, jy kan net een van die vele van die Google 3D warehouse aflaai. Het vir my 'n kaggel en 'n bank daar gekry.

Sunday, May 02, 2010

A video is worth a thousand pictures



Sal die plek nog bietjie meubuleer, dan sal ek weer 'n video maak. Die video vat nogal baie lank om te maak ('n paar ure), so ek skop hom af voor slaaptyd en dan gaan hy maar te werk deur die nag.

Om die klank by te sit het ek http://www.openshotvideo.com/ gebruik.

Thursday, April 22, 2010

braai!

Die huis het nou 'n braai!

Wednesday, April 21, 2010

Monday, April 19, 2010

sweethome3d




Het so ruk terug op software afgekom waarmee mens so bietjie meer substansie aan jou lugkastele kan gee. Gaan check dit uit by http://www.sweethome3d.eu/index.jsp. Dit is in java so dit sal werk op jou Mac, Windows en Linux.

Hier is 'n paar "fotos" wat ek met die sagteware gemaak het. Dit is van my en Anel se huis.

Dit is maar 'n work in progress en ek sal weer update as ek nog bietjie daaraan gewerk het. Sal definitief die karre se kleure moet verander :)

Tuesday, March 25, 2008

ons soekkie khaki - ons het ons eie!


Was onlangs by die royal airforce museum gewees, en so tussen al die vliegtuie en goed was daar 'n bord om almal wat die koningin teen Adolf gehelp baklei het erkenning te gee, en kyk wat sien ek toe daar...

Ek like daai "SAAF personnel wore their own khaki uniforms..." - seker nog van ou stock wat ons oor gehad het nog van die anglo boere-oorlog.

Sunday, March 09, 2008

Bumper update






Ek moes onlangs hoor van een (nie jy nie, die ander een) van die blog lesers dat die blog 'n betroubare bron van ou nuus is. Dit het my genoop (is dit nie 'n pragtige woord nie?) om sake reg te stel en die blog op datum te bring.

Wat het gebeur intussen, en wat het nie? Wel 'n klomp goed het nie gebeur nie, waarvan die teleurstellendste seker was dat ons weereens nie die Lotto gewen het nie.

Wat wel gebeur het is die volgende (gelys in chronologiese volgorde):

Suid-Koreo toe gewees vir besigheid. 'n Paar interessante feite oor Suid Korea soos deur my waargeneem.

Moet nie vir besigheid gaan en nie besigheidskaartjies by jou he nie. Die uitruil van besigheidskaartjies tydens 'n ontmoeting is amper 'n heilige ritueel vir hulle. Daar word geknik en gebuig en alles. Dis beter om jou skoene te vergeet as om nie besigheidskaartjies te he nie. Ek het natuurlik nie besigheidskaartjies gehad nie.


Die kos is treurig. As jy hou van kerrievis, rys, sop en pickled cabbage (Kim Chi) gaan jy met verskil. Jy kry Kim Chi saam met elke ete. Hulle eet ook allerhande snaakse seegedrogte. (Sien foto's bo)

Amper alles het 'n Samsung of LG sticker op. Geboue inkluis.

Honeymoon in Thailand. Ongelooflike plek. Ons resort (floral resort) was op die eiland Ko Samui op die Mae Nam strand. Volg die link aan die regterkant om die fodies te sien. Sal definitief weer eendag 'n draai daar maak.

Houston toe gewees vir besigheid. Die area waar ek was word die "armpit of Texas" genoem, en selfs dit is dalk bietjie vleiend. Was darem die Saterdag en Sondag bietjie af gewees, so het kans gehad om Nasa space-centre te besoek, en ook vir Houston so bietjie te verken. Nasa is 'n plek waarnatoe mens gaan ingeval jy vergeet het dat Amerika die grootste, beste, braafste en slimste nasie is op aarde. Hulle herhinner gou-gou vir jou daar!

Anyway, tot volgende keer.

Die foto's van bo tot onder:

1. Hulle eet die goed in Korea. Nee Regtig!!!
2. Selfportret
3. Wat se die een seekat vir die ander een? Ek sien jy's ook op die paal!
4. Sperrie lees koerant in die London Transport Museum
5. Riaan Cruywagen in 1970.