Wednesday, May 30, 2007

Monday, May 28, 2007

rubik's cube





Geagte fellowship van die leserskring, het gedog ek sal julle maar 'n update gee, want van die lesers het begin ongeduldig raak na die laaang stilte.

Dit was laaang naweek op die eiland en ons program was as volg:

Vrydagaand -> Gaan kyk hoe lyk die gras by Trafalgar square. Ja ek weet daar is nie gras by Trafalgar square nie, maar Tony en die fees-komitee hier het besluit om 'n klomp gras aan te ry en dit daar neer te plak vir 2 dae. Toe ons daar aankom was hulle besig om dit op te rol, anders sou dit mooi fotos gemaak het. Het na die tyd gaan eet in 'n restaurantjie heir in Chinatown.

Saterdag-> Rugby gekyk (Bokke vs Pommies 58 - 10), met 'n braai in die reen na die tyd. Later die aand na die SA pub toe hier in Rotherhithe, genaamd die Aardvark. Gehoop om dalk nog 'n laaste song te hoor van Anton Goosen wat daar opgetree het, maar soos met die gras by Trafalgar square, was ons weer te laat. Anel het darem vir Schalk Joubert te sien gekry (die Brad Pitt van baskitaarspelers). Ek het ook 'n bier saam met Anton Goosen gedrink.

Sondag-> Het International Space Station in 3D by die Imax gaan kyk. Baie cool gewees.

Maandag-> Is Camden toe en bietjie rondgeloop tussen die stalletjies en mense met ringe deur hulle...wel oral waar dit ongemaklik lyk. Altyd pret. Na die tyd is ons Hamleys (die speelgoedwinkel) toe, en ons het 'n Rubik's cube gekoop. Ja, ons het onlangs "the persuit of happiness" gesien en het geinspireerd gevoel.

Anyway 'n paar fotos as bewyse:
1. Die cube na URE se speel
2. Ek en Trafalgar
3. Anel en Schalk
4. Ek en Anton (nota aan Anel - in donker toestande gebruik flash)