Sunday, December 02, 2007

Comrades!!!






Ons is nog hier!!!

Ek het intussen 30 geword, en ons het dit behoorlik gevier. Ons was na 'n russiese restaurant, Nikita's, toe gewees Vrydagaand. Daar was vodka, en kaviaar, en ballonne, en 'n oom met 'n trek klavier was Sarie Marais kan speel. Anel het ook 'n ongelooflike sjokolade koek gebak met 'n groot rooi ster op wat vir nagereg opgedien is.

Die foto's vertel die storie.

1. Ons is almal kommuniste in ons hart
2. Boje vermaak
3. Ek sing die russiese volkslied of iets
4. Steak tartar met kaviaar
5. Sjokolade koek deur Anel

Tot volgende keer

The Stapelbergs.

Friday, August 31, 2007

kuns

Net gedink dis cool genoeg om op die blog te sit dis al...

http://www.philinthecircle.com/


spek ut yt!

Tuesday, August 28, 2007

Confoederatio Helvetica


Ons was bietjie in Switzerland die naweek gewees, en nou is ons nie meer nie. Nou kyk ons na die fotos en yodel.

Switzerland in 'n neutedop: Berge met water tussen in. Berge is groen met koeie wat daarop wei, met klokke aan. Berge se punte is wit van sneeu. Winkels verkoop kaas, knipmesse, horlosies en sjokolade. Tussen elke twee winkels is daar drie banke. Switzerland is lekker want dis duur. Suid Afrikaners het nie visas nodig nie.

Dit is regtig 'n sprokieswereld, en mens kan amper net blindelings fotos neem en jy het 'n poskaart foto. Hier is 'n link na 'n foto-albumpie.

Bon Jour!

Monday, August 20, 2007

Isolasie Hare op die web kassie

Isolasie Hare is op YouTube!!!! En die beste van alles is, ons het ons nie eens self opgesit nie.

http://www.youtube.com/watch?v=J0tbTKGp2v0

P.S. Sal web-kassie nie 'n cool naam wees vir 'n afrikaanse youtube nie?

Sunday, July 22, 2007

Off the wall






Jammer vir die lang stilte, maar partykeer doen ons vir lang rukke nie blog-waardige goed nie, en partykeer doen ons, maar is ons te lui om te blog daar oor. Jammer, nou kom ons beweeg aan.

Laas naweek was ons na Kew Gardens toe. Dis 'n groot botaniese tuin in die middel van London, met allerhande kweekhuise en damme en goed. Baie mooi, en baie interessant. Hier is bietjie foto's as julle wil kyk.

Hierdie naweek het ons die volgende gedoen: Vrydagaand na 'n vriendin se verjaardagpartytjie toe, en toe na die tyd vir Robbie Wessels in die Aardvark gaan kyk. Robbie wou graag 'n foto saam met my neem, en ek het toe maar ingestem.

Saterdag was ons na so buitelug vertoning naby Waterloo op die Southbank. Dit was die her-opening van sulke kunsgeboue daar gewees of so iets. Mense het met toue van geboue afgehang en vuurgeblaas en gedans en so. Niemand dink ek het eintlik verstaan waaroor die storie gegaan het nie, maar dit was nogal impressive gewees ten spyte daarvan. Iemand agter ons het op haar selfoon vir iemand dit so probeer verduidelik: " We are watching some...I'm not sure...just some very random stuff really". So ek dink dit was maar wat dit was, net "random stuff". Die stuk se naam was "Off the wall".

Anyway, kyk die prentjies, en los vir ons boodskappies.

Tot volgende keer.

Monday, June 18, 2007

perskes



Kyk wie het ons op die tube raakgeloop, Peaches Geldof. Sy het oorkant ons gesit en nogal geselsies ook met ons probeer maak. Die slegte kombinasie van was in my ore, asook gebrekkige vaardigheid in Engels het daartoe gelei dat die gesprek nou nooit eintlik sy volle potensiaal bereik het nie. Hulle het darem vir Anel se grappie gelag. Sy het vir die ou met die sak op sy kop gese dat hy nie geglimlag het vir die foto nie.

Nou ja, tot volgende keer.

Wednesday, May 30, 2007

Monday, May 28, 2007

rubik's cube





Geagte fellowship van die leserskring, het gedog ek sal julle maar 'n update gee, want van die lesers het begin ongeduldig raak na die laaang stilte.

Dit was laaang naweek op die eiland en ons program was as volg:

Vrydagaand -> Gaan kyk hoe lyk die gras by Trafalgar square. Ja ek weet daar is nie gras by Trafalgar square nie, maar Tony en die fees-komitee hier het besluit om 'n klomp gras aan te ry en dit daar neer te plak vir 2 dae. Toe ons daar aankom was hulle besig om dit op te rol, anders sou dit mooi fotos gemaak het. Het na die tyd gaan eet in 'n restaurantjie heir in Chinatown.

Saterdag-> Rugby gekyk (Bokke vs Pommies 58 - 10), met 'n braai in die reen na die tyd. Later die aand na die SA pub toe hier in Rotherhithe, genaamd die Aardvark. Gehoop om dalk nog 'n laaste song te hoor van Anton Goosen wat daar opgetree het, maar soos met die gras by Trafalgar square, was ons weer te laat. Anel het darem vir Schalk Joubert te sien gekry (die Brad Pitt van baskitaarspelers). Ek het ook 'n bier saam met Anton Goosen gedrink.

Sondag-> Het International Space Station in 3D by die Imax gaan kyk. Baie cool gewees.

Maandag-> Is Camden toe en bietjie rondgeloop tussen die stalletjies en mense met ringe deur hulle...wel oral waar dit ongemaklik lyk. Altyd pret. Na die tyd is ons Hamleys (die speelgoedwinkel) toe, en ons het 'n Rubik's cube gekoop. Ja, ons het onlangs "the persuit of happiness" gesien en het geinspireerd gevoel.

Anyway 'n paar fotos as bewyse:
1. Die cube na URE se speel
2. Ek en Trafalgar
3. Anel en Schalk
4. Ek en Anton (nota aan Anel - in donker toestande gebruik flash)

Tuesday, April 24, 2007

...nog kiekies

Het sommer die link na die trou-fotos toe ook opgedateer. Sal nou vinniger aflaai.

kiekies

Ek het 'n link na 'n foto albumpie van ons Dublin trippie toegevoeg tot die "links" aan die regterkant vir al ons lesers (axl en so) om bietjie na te loer as julle sou wou.

'n Koue Guiness vir die eerste hand in die gehoor om 'n meer lomp sin as bogenoemde te konstrueer.

Wednesday, April 11, 2007

Top o the morning to ya...






Ons was bietjie Dublin toe gewees oor die lang naweek en soos ouder gewoonte doen ek weer verslag.

Dublin is 'n kleinerige stad met seker die meeste bars en kerke per km². Guiness is min of meer vir Dublin wat Sasol vir Sasolburg is. Guiness besit die helfte en borg die res. Nie dat ek kla nie, en so ook nie enige iemand anders in Dublin nie. Daar is ook nie baie plekke in die wêreld wat 'n ou oom sommer so in die verby gaan ewe beleefd vir jou sê, "Take it easy" nie, daar is nog minder plekke in die wêreld waar jy 'n man kaalgat met net sy skoene aan, nonchalant in die straat sal sien afstap op 'n los Sondag middag.

Dublin is ook die geboorte dorp van Oscar Wilde wat onder andere gesê het: "I never put off till tomorrow what I can possibly do the day after." Amen.

Soos ouder gewoonte sluit ek 'n paar fototjies in as bewyse.

1. White lady with a black skirt.
2. Vir die dieper delwers: As ek dit nie mis het nie is dit die einste winkeltjie waar Bono sy naam gekry het.
3. Anel by 'n kerk
4. Ek by 'n bar...nogal Temple bar...2 vlieë met een klap.
5. Malahide kasteel.

Sunday, March 18, 2007

'n Brokkie bruilof nuus


Raait, die oomblik waarvoor van julle gewag het en van julle nie, het ongeag van wie daarvoor gewag, of nie, in elk geval aangebreek.

Die oomblik waarvan ek praat is natuurlik die oomblik wat die fotos van die weggooi-kameras aan julle beskikbaar gestel word.

Gaan na kiekies en kies jou tafel nommer bo aan die bladsy om by jou tafel se kiekies uit te kom. Die fototjies is klein op die internet maar as jy dit aflaai op jou rekenaar dan sal dit die oorspronklike grootte wees. Die "Telkom-gestremde" gebruikers sal dalk 'n bietjie geduld ook moet gebruik, en enige klagtes oor die spoed kan gerig word aan mev Ivy Matsepe-Casaburri.

Tot volgende keer.

Op las: Die Stapelbergs.

Tuesday, March 13, 2007

strokiesprente





Terwyl ons wag vir die amptelike trou fotos, hier is so paar oomblikke wat op kamera vasgevang is deur die gaste self.

Wednesday, January 24, 2007

vlokkies!!!






Daar's nie veel om te verduidelik hier nie. Dis wit, koud en mooi. Amper soos roomys.

Monday, January 22, 2007

Hoes die weer?


Dis nou nie dat ek niks het om te sê nie, of julle wil verveel nie, maar ek dog ek sal die week se weervoorspelling vir London vir julle gee.

Kyk da by Woensdag wat gaan da aan. Vlokkies.

Woensdag bou ons sneeumanne. Kannie waggie.

Monday, January 01, 2007

Bath






Ons was bietjie in Bath gewees oor die fees tydperk. Hier is 'n paar fototjies as bewyse.

Ons het in 'n cottage gebly net buite Bath. Die eerste een is 'n foto van ons kaggelvuurtjie en ons kersete. Die tweede een is van ons badkamer. Ongelooflik mooi, dis net jammer daar was nie 'n stort nie. Die derde foto is van die Abbey, en mense wat betoog teen oorlog of vuil badwater of iets.

Ons was ook in Castle Combe gewees, so 15 myl buit Bath. Dit is 'n pragtige klein village met 2 pubs, 10 huise en 'n hotel. Beautiful! Die laaste 2 fotos is van Castle Combe.

Dis al vir nou.