Tuesday, August 28, 2007

Confoederatio Helvetica


Ons was bietjie in Switzerland die naweek gewees, en nou is ons nie meer nie. Nou kyk ons na die fotos en yodel.

Switzerland in 'n neutedop: Berge met water tussen in. Berge is groen met koeie wat daarop wei, met klokke aan. Berge se punte is wit van sneeu. Winkels verkoop kaas, knipmesse, horlosies en sjokolade. Tussen elke twee winkels is daar drie banke. Switzerland is lekker want dis duur. Suid Afrikaners het nie visas nodig nie.

Dit is regtig 'n sprokieswereld, en mens kan amper net blindelings fotos neem en jy het 'n poskaart foto. Hier is 'n link na 'n foto-albumpie.

Bon Jour!

2 comments:

Anonymous said...

Seriously, Suid-Afrikaners het nie visas nodig nie?

Anonymous said...

Julle fotos is mooi. Ek sien die water wat spuit het jou ge-fascinate!