Tuesday, April 24, 2007

...nog kiekies

Het sommer die link na die trou-fotos toe ook opgedateer. Sal nou vinniger aflaai.

kiekies

Ek het 'n link na 'n foto albumpie van ons Dublin trippie toegevoeg tot die "links" aan die regterkant vir al ons lesers (axl en so) om bietjie na te loer as julle sou wou.

'n Koue Guiness vir die eerste hand in die gehoor om 'n meer lomp sin as bogenoemde te konstrueer.

Wednesday, April 11, 2007

Top o the morning to ya...






Ons was bietjie Dublin toe gewees oor die lang naweek en soos ouder gewoonte doen ek weer verslag.

Dublin is 'n kleinerige stad met seker die meeste bars en kerke per km². Guiness is min of meer vir Dublin wat Sasol vir Sasolburg is. Guiness besit die helfte en borg die res. Nie dat ek kla nie, en so ook nie enige iemand anders in Dublin nie. Daar is ook nie baie plekke in die wêreld wat 'n ou oom sommer so in die verby gaan ewe beleefd vir jou sê, "Take it easy" nie, daar is nog minder plekke in die wêreld waar jy 'n man kaalgat met net sy skoene aan, nonchalant in die straat sal sien afstap op 'n los Sondag middag.

Dublin is ook die geboorte dorp van Oscar Wilde wat onder andere gesê het: "I never put off till tomorrow what I can possibly do the day after." Amen.

Soos ouder gewoonte sluit ek 'n paar fototjies in as bewyse.

1. White lady with a black skirt.
2. Vir die dieper delwers: As ek dit nie mis het nie is dit die einste winkeltjie waar Bono sy naam gekry het.
3. Anel by 'n kerk
4. Ek by 'n bar...nogal Temple bar...2 vlieë met een klap.
5. Malahide kasteel.