Monday, June 18, 2007

perskes



Kyk wie het ons op die tube raakgeloop, Peaches Geldof. Sy het oorkant ons gesit en nogal geselsies ook met ons probeer maak. Die slegte kombinasie van was in my ore, asook gebrekkige vaardigheid in Engels het daartoe gelei dat die gesprek nou nooit eintlik sy volle potensiaal bereik het nie. Hulle het darem vir Anel se grappie gelag. Sy het vir die ou met die sak op sy kop gese dat hy nie geglimlag het vir die foto nie.

Nou ja, tot volgende keer.

3 comments:

Anonymous said...

No way. Is dit Bob Geldof se dogter? Sy sal jou verseker by Bono kan uitbring!
Is sy redelik famous in Britland, of hoe het julle haar herken?

Anonymous said...

P.S. Is jy nie trots op my dat ek nie 'n vuil grappie oor perskes gemaak het nie?

stapel said...

Ja, sy is redelik famous hier. Sy is omtrent elke dag in die koerant saam met ander britse celebs soos Posch Spice, Kate Midlleton (prince william se ex), Kimberley Stewart (Rod se dogter) en Kate Moss.

Hulle het juis die vorige dag haar foto in die koerant gehad en gespekuleer oor die sny op haar been (jy kan sien op die foto daar is so sirkeltjie op haar been getrek). Toe ek haar sien, en ek sien die sny op haar been toe maak toe sit ek die legkaart aanmekaar.

...en ja ek is trots dat jy nie vuil grappies oor perskes gemaak het nie.