Saturday, August 12, 2006

Retail Therapy






Ons het vandag ons toeris uniforms (jeans en K-way baadjies) aangetrek en die kommersiele binnekringe van London ingevaar. Ons misie was duidelik en eenvoudig: Verken Hamleys, Liberty en Harrods, en moet NIKS koop nie.

Eerste stop was Starbucks. Mens kan nie speelgoedwinkels aandurf op 'n lee maag nie. Twee koppies koffie en twee muffins. On to more important stuff.

Hamleys: 5 vloere vol speelgoed. Alles wat jy kan imagine, en nog 'n paar ander goed ook, soos 'n Barbie wat op 'n ponie verby jou galop in 'n rak vas. Daar is selfs 'n teddiebeer fabriek waar jy jou eie custom made teddie kan kry. Jy kan selfs vir hom 'n hartklop en 'n stem gee.

Liberty: Dis lekker, want dis duur. Ook vyf vloere in 'n pragtige ou victoriaanse (dink ek) gebou met alles van klere tot toasters. Daar is selfs 'n pool tafel in die mansklere afdeling, net as dekor, tussen die Vivian Westwoods en Ralph Laurens. Ek het 'n hoed aangepas van £135, maar hy het ongelukkig net nie lekker gesit nie.

Harrods: Jy moet eers deur die anti-fur protes buite die deur veg om in te kom, maar dan is dit alles die moeite werd. Die epitome van retail. Die matte in die plek lyk so smart, net om oor dit te stap voel soos 'n achievement. Die hoogtepunt was verseker die kos afdeling. Dit laat Woolies soos die soos die griek se kafee op die hoek lyk. Niks word net op 'n rak gepak of in 'n yskas gesit nie, nee meneer, dit word uitgestal. Hulle kam selfs die geelperskes se hare.

Raait kom ons kyk die prentjies (van bo na onder):

Anel speel Lego by Hamleys.
Stapel en Lego robot pose vir die foto. Stapel is die een links.
Oesters by Harrods.
Garnaal uitstalling by Harrods.
Pool tafel by Liberty.

Mission completed.

2 comments:

Anonymous said...

'n Sielkundige sal redelik baie te sê hê oor daai falliese toring wat Anel gebou het... Maar ek is nou nie 'n sielkundige nie, so ek bly maar stil.

Anonymous said...

Hoe lank het Anel aan die toring gebou, en wat het jy gedoen toe sy besig was, want dit lyk na 'n great toring, moes lank gevat het.