Tuesday, December 19, 2006

Geseende Kersfees






Hierdie sal seker ons laaste blog wees voor Kersfees. Ons wens julle almal 'n geseende Kersfees toe, en mag julle kerskouse vol alles wees wat julle harte begeer. Ons sal dalk weer vir oulaas nog 'n bloggie maak voor die jaar se einde, maar laat ek liewers nie nou lee beloftes maak nie.


Hier is sommer so paar "random" fotos:

Eerstens: Anel by die see, Brighton, om presies te wees. Sou lekker gewees het om bietjie son op my wit lyf te kry, maar soos julle sien was dit nie juis 'n dag vir "tan" nie!

Tweedens: Ek het ingeskryf vir 'n "Russiese-fighter-pilot-uit-die-WW2-melee" kursus wat ek deur die pos doen. Hulle het vir my hierdie hoed gestuur solank.

Derdens: Ons kersboom. Dit is 'n regte een, wat beteken dat hy in ons goeie sorg nou waarskynlik aan die einde van sy lewetjie staan.

Vierdens: Ons liggies. Dit weerkaats so mooi teen die vuil skottelgoed!

Vyfdens: Dit is hoe dit lyk in die oggend as ek by die werk aan kom. Mooi, maar koud! (fighter-pilot-hoed kom dan goed te pas)

Groete en geseende kersfees aan al ons duisende bloglesers.

Tot volgende keer.

3 comments:

Anonymous said...

Geseënde Kersfees, julle tweetjies.

Anonymous said...

Was daar oorlog in Brighton? Of waar is al die mense en oop winkels?

Anonymous said...

Ons sien uit na jul Kersfees fotos in Bath!!

Ons dag dit is Vader Kersfees met sy rooijas in Brighton (undercover). Kindertjies en ouers wag seker almal by die boom binne in die sentrum.
Outeniqua liefde P&M